Uitvissing (phishing) is die poging om informasie soos gebruikersnaam, geheime kodes en kredietkaartinligting te verkry (en soms indirek geld ook), deur iemand wat homself voordoen
as betroubaar in ‘n elektroniese kommunikaie. Hierdie kommunikasies kom voor asof dit van van betroubare sosiale webwerwe, vendusie werwe, banke, aanlyn betalinghanteerders of IT administrateers af kom en gebruik dit om goedgelowige mense te bedrieg.
Vervalsings e-posse kan skakels na webwerwe met wanware (wanware is sagteware wat ontwerp is om beheer oor jou rekenaar of tablet oor te neem en dit te beskadig) stuur. Hierdie vervalsing word veral uitgestuur as e-posse of sms’e en moedig die lesers aan om hulle details na ‘n vervalste webwerf te stuur wat lyk en voel soos ‘n betroubare webblad. ‘n Voorbeeld is ‘n vervalste e-pos wat lyk soos die amptelike e-pos-vorm van ‘n (fiktiewe) bank.
Die persoon wat dit stuur probeer die ontvanger mislei deur vertroulike inligting na ‘n vervalste webwerf te bevestig. Let op vir spelfoute en teenstrydighede. Selfs wanneer die webskakel lyk of dit van die bank se webblad amptelik af kom, wys die skakel na die vervalser se webblad.
http://en.wikipedia.org/wiki/Phishing
Instruksies:
Bestudeer die volgende voorbeelde van e-pos en smse in hierdie gallery uitstalling en besluit of enige een daarvan oorspronklik (outentiek) is of nie. Bespreek hoekom jy so dink.
Indien iemand vir jou ‘n e-pos of sms stuur wat jou laat voel of dit dalk gevaarlik is, wat kan jy doen om vas te stel of hulle is wie hulle sê hulle is? Hoe kan jy jouself teen sulke kommunikasies beveilig?
Kyk in jou Module 9 leêr of die internet vir hulpsame raad. Lewer jou kommentaar hier onder in 'n blogpost.